Henog

God het Henog "na Hom toe weggeneem", soos staan in Genesis 5:24. (Illustrasie uit Figures de la Bible van 1728, deur Gerard Hoet.

Henog (Hebreeus: חֲנוֹךְ, H̱anōḵ; Grieks: Ἑνώχ, Henṓkh) is ’n figuur uit die Hebreeuse Bybel van voor die Sondvloed. Hy was die seun van Jered en die pa van Metusalag.

Volgens Genesis het Henog 365 jaar oud geword voordat hy deur God weggeneem is: "Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem." (Genesis 5:24.) Sommige Christene vertolk dit as dat Henog lewend opgevaar het na die hemel.

Henog is die onderwerp van baie Joodse en Christelike tradisies en word beskou as die skrywer van die Boek van Henog.[1]

Die Nuwe Testament het drie verwysings na Henog uit die afstammelinge van Set (Lukas 3:37, Hebreërs 11:5 en Judas 1:14-15).

  1. August Dillmann and R. Charles (1893). The Book of Enoch, vertaal uit Ge'ez.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search